‘n Tiener van Bloemfontein wat sedert Sondagoggend om 09:40 vermis was, is gevind.
Haar ma het aan FiND iT gesê hulle kon aflei haar kind het dit beplan. “Sy het ‘n boodskap in haar kamer gelos en gesê sy gaan na ‘n maat toe vir twee of drie weke.”
Sy vertel hulle het geensins vooraf agtergekom dat iets fout is of dat daar n rede was vir haar om weg te loop nie.
Die ma het gesê hulle ken nie die maat wie haar dogter in die boodskap noem nie. “Ons het almal wat ons ken, gekontak, maar niemand weet waar sy is nie.”
Die tiener was ook by die polisie as vermis aangemeld.
Sy het haar selfoon by die huis gelos en het ‘n khaki-kortbroek, hemp en tekkies aangehad toe sy verdwyn het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



