Die departement van gesondheid in Limpopo het ‘n span gestuur om die geval wat in ‘n video uitgebeeld word te ondersoek. In die video skenk ‘n vrou na bewering by die hek van Burgersfort-kliniek geboorte.
‘n Professionele verpleegster probeer die vrou help wat glo na bewering 15 minute nadat sy by die kliniek aangekom het, begin kraam het.
In die video word die verpleegster glo deur gemeenskapslede, wat vanaf 07:00 die oggend gewag het dat die kliniek moet oopmaak, geteister.
Die departement het gevra dat die gemeenskapslede in die gebied moet kalmeer terwyl ‘n ondersoek plaasvind na wat daar gebeur het en om kennis te neem van die volgende:
- Burgersfort-kliniek is nou ‘n dagkliniek al was dit vroeër 24 uur werksaam. Die kliniek het twee jaar gelede reeds opgehou om 24 uur diens te verrig weens hoë kriminele elemente wat verpleegsters tydens nagskofte bedreig. Terwyl die departement saam met die gemeenskap en regeringsbelanghebbendes soos SAPD werk om die misdaadkwessies op te los, word gemeenskapslede steeds aangeraai om nabygeleë klinieke vir nagnoodgevalle te gebruik.
- Swanger vroue word aangeraai om nie te wag totdat hulle op die punt staan om te kraam voordat hulle ‘n gesondheidsfasiliteit besoek nie. Dit neem tussen 8 en 16 uur vir ‘n vrou om ‘n kind te verlos vanaf die oomblik dat sy die kraampyne ervaar, afhangende van die aantal kinders wat ‘n vrou reeds in die wêreld gebring het. In hierdie geval word beweer dat die vrou na slegs 15 minute van aankoms by die hek van die fasiliteit geboorte geskenk het.
- Die departement wil swanger vroue aanmoedig om gesondheidsfasiliteite te besoek vir voorgeboorte konsultasies tydens swangerskap, want dit is tydens hierdie sessies wat hulle ingligting inwin van fasiliteite waarby hulle wel geboorte kan gee in ooreenstemming met die departement se moedergesondheidstandaarde. Die departement het ’n grondwetlike en diensverpligting in lyn met protokol om te verseker dat vroue in ’n omgewing wat nie net veilig is nie, maar ook waardig is, geboorte gee. Vir hierdie doel word die departement se werknemers te alle wesenlike tye aangemoedig om hierdie protokolle af te dwing. Daarom is die departement altyd beslissend met enige van sy werknemers indien dit bevind sou word dat verpligtinge nie nagekom is nie.
FiND-iT Nuus wag vir uitsluitsel van die ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



