Die KwaDukuza-polisie doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om hulp in die opsporing van ‘n vermiste persoon.
Scelo Clinton Gumede (20) het op 7 Mei 2022 sy huis by Grouville verlaat om vir sy tannie by Melville in KwaDukuza te gaan kuier.
Dit is bevestig dat hy sy tannie besoek het en dieselfde middag vertrek het, maar hy het nooit by die huis uitgekom nie. Sy verblyfplek is onbekend.
Hy is 1,7 m lank, lig van gelaat en het goue tande.
Hy is laas gesien met ‘n wit T-hemp, donkerblou jeans en ‘n paar swart tekkies.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor sy blyplek om speurder-kolonel Mazibuko by 079 500 0306 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



