Man beroof bank met slegs ‘vingergeweer’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man het dit reggekry om ‘n bank te beroof met slegs ‘n “vingergeweer” wat hy onder sy hemp weggesteek het. Hy is oomblikke na die rooftog in hegtenis geneem.

Daily Mail berig Paul James Sinclair (56) van Florida het ‘n Chase-bank in Seminole Maandag omstreeks 13:30 binnegegaan en die teller genader.

Hy het, met sy “vingergeweer” wat hy onder sy hemp weggesteek het, geëis dat die teller aan hom geld oorhandig.

Die teller, Desiree Stefanik, het die laai oopgemaak terwyl Sinclair haar gewaarsku het om “nie enige knoppies te druk nie”.

Sy het die geld aan hom oorhandig voor hy toe weggehardloop het.

Hy is om 13:36 in hegtenis geneem en van roof aangekla. Hy is tans in aanhouding.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel