Elektrisiteit is te goedkoop en dis daarom dat Suid-Afrikaners elektrisiteit vermors. So sê André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.
De Ruyter het by die Joburg-indaba in Sandton gepraat en gesê een van die maniere waarop die land sy energieprobleme kan oplos, is om die vraag na elektrisiteit te verminder, berig News24.
Hy sê Eskom se elektrisiteit is steeds te goedkoop.
“Iets wat te goedkoop is, word vermors. Iets wat duur is, word kosbaar.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



