
Laat Dinsdagaand het ‘n substasie in Durban na bewering ontplof ,waarna die noordelike, westelike en suidelike areas van die stad sonder elektrisiteit was.
Die eThekwini-munisipaliteit het op Twitter gesê die ontploffing van ‘n substasie by Klaarwater het die helfte van die stad in donkerte gehul.
Daar is by diegene wat elektrisiteittoevoer ontvang, gepleit om onnodige toestelle af te skakel sodat die stelsel nie met die aanskakel oorlaai word en weer trip nie.
Ongeveer 15 minute gelede het Maxwell Mthembu, die hoof van elektrisiteit in eThekwini aan eNCA verduidelik wat gebeur het en gesê dat elektrisiteit na alle dele amper herstel is.
Volgens hom het een lyn wat die elektrisiteit na hierdie gebiede voer op die grond gelê en dat daar ondersoek na die voorval ingestel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



