In ‘n video wat deur Ashley Rix ontvang is, word op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe twee polisiebeamptes sukkel om ‘n verdagte in ‘n polisievoertuig te laai.
Rix het gesê die verdagte is glo vir poging tot moord gearresteer en na die Bonteheuwel-polisiestasie in die Wes-Kaap geneem.
Die video lok emosies van die gemeenskap uit.
Die verdagte maak dit nie maklik nie en verset hom teen die beamptes wat hom agter in die vangwa probeer laai deur elke keer sy voet tussen die deur en die bakwerk te druk en die beampte daardeur keer om die vangwa se deur toe te maak.
Daar kan gehoor word hoe ‘n omstander vra dat hy nie seergemaak moet word nie, maar die verdagte bly aspris.
Die polisielid, rustig en bedaard, terwyl hy sukkel en kameras op hom is, tree absoluut volgens voorskrifte op om die geboeide persoon agter in die vangwa te laai, uit te kyk om nie oorval te word deur emosionele omstanders nie, sy vuurwapen te beskerm dat dit nie afgeneem word nie, en uit te kyk vir sy kollegas wat saam met hom aan diens is op die voertuig.
Hoe rustig en geduldig sal jy in sulke omstandighede optree?
FiND iT Nuus het die polisie vir kommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



