‘n Manlike fietsryer, vermoedelik in sy 30’s, is vanoggend kritiek beseer toe ‘n bakkie hom op die R42 en R57 in Vanderbijlpark raakgery het.
Volgens ER24 het paramedici omstreeks 08:06 vanoggend op die toneel aangekom. Die bakkie was aan die kant van die pad en die fietsryer het op die sypaadjie gelê.
Medici het die man op die toneel geassesseer. Hy het ernstige beserings aan sy kop en sy nek opgedoen en was in ‘n kritieke toestand.
Hy is op die toneel behandel voor hy na die Sebokeng-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die bestuurder van die bakkie het geen beserings opgedoen nie.
Plaaslike owerhede was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



