‘n Man (23) is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal na die VW Golf waarin hy gery het Saterdagaand met ‘n taxi op die Gracelandpad tussen Embalenhle en Secunda gebots het.
ER24-paramedici was omstreeks 22:09 op die toneel saam met die polisie en ander nooddienste.
Die pasiënt is op die toneel behandel voor hy na die Evander- provinsiale hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die bestuurder van die VW het ook beserings opgedoen.
Die taxibestuurder het na bewering van die toneel weggehardloop.
Die polisie ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



