Angolese vliegtuig op Kaapstad- internasionale lughawe gegrond

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Angolese huurvliegtuig het Vrydag om ongeveer 19:30 by Kaapstad- internasionale lughawe geland sonder om ‘n verpligte veranderde buitelandse operateurspermit (FOP) te bekom.

Alhoewel die plan was dat die vliegtuig nog die aand sou vertrek, is ACSA-protokol onmiddellik geaktiveer en die vliegtuig met bemanning, sonder passasiers, is gegrond terwyl gesprekvoering tussen relevante owerhede plaasgevind het om die situasie te beredder.

Die vlugplan van die TAAG-huurvliegtuig was in lyn met operasionele prosedures en is vanaf Namibië se rigting in Suid-Afrika se lugruim aanvaar. Hulle onderneem geskeduleerde vlugte tussen Luanda en Johannesburg wanneer hulle werkers van die oliemaatskappy, Chevron, vervoer.

TAAG het blykbaar wel ‘n buitelandse operateurspermit, maar die vliegtuig wat hulle gebruik het, is nie gelys op die permit nie, omdat vliegtuie wat wel op die permit gelys is tans gegrond is vir instandhouding.

Die wet bepaal dat indien enige besonderhede oor die kategorie en tipe van ‘n vliegtuig wat op ‘n FOP gelys is, verander, ‘n aansoek gedoen moet word om die FOP dienooreenkomstig aan te pas, wat in hierdie geval nie gedoen was nie.

Die Angolese ambassadeur in Suid-Afrika het intussen korrespondensie ter verskoning aangebied en rigting vir die pad vorentoe gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel