‘n Rugbyspeler se pa is Saterdagmiddag kort voor die einde van sy rugbywedstryd oorlede.
James Petersen, die pa van Heidelberg se skrumskakel, Marshall Marais is glo aan ‘n hartaanval oorlede, berig George Herald.
Marais is net ná die wedstryd ingelig oor sy pa se dood.
Ben Brinkhuis,waarnemende president van SWD Rugby en Grant Riddles,burgemeester van Hessequa het hul innige simpatie met die familie betuig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



