Genoeg vir 4-6 mense.
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele:
10-20 klein uitjies (na gelang van die aantal mense)
10-20 heel knoffelhuisies, skoongemaak
10-20 versoete kersies
100 g botter
30 ml (2 e) vars kruie, gekap
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
10-20 repies spek
Metode:
Sny die uitjies se puntjies af en haal die binneste dele uit. Plaas ’n heel vars knoffelhuisie en kersie binne-in elkeen.
Meng die botter, kruie en kaas. Skep dit binne-in die uitjies.
Draai die spekrepe om die uitjies en steek vas met ’n peuselstokkie.
Rol toe in tinfoelie en plaas tussen die braaikole. Braai tot gaar.
Sit warm voor.
Bron: Huisgenoot Resepte
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



