Gevind: Ma en seuns wat in Limpopo gesoek was

Deel hierdie storie / Share this story

Sers. Tshifhiwa Netshia, ondersoekbeampte in die saak van ‘n ma en haar twee seuns wat gister in Limpopo gesoek was, het bevestig dat hulle wel gevind is.

Elizabeth van der Merwe (neé Smith) (37) en haar twee minderjarige seuns, Jundre van der Merwe (9) en Reghardt van der Merwe (7) is gister deur die polisie op Makhado, Limpopo gesoek.

Elizabeth het glo haar twee seuns wat in die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle, Limpopo was, gevat, en niemand kon hul glo weer in die hande kry nie.

FiND iT het navraag gedoen, maar is na polisiewoordvoerders in Limpopo verwys en wag nog vir terugvoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel