Foreigner is in Suid-Afrika!

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende rockgroep Foreigner, wat geen bekendstelling nodig het nie, het gisteroggend by die OR Tambo- internasionale lughawe geland.

Big Concerts het die aankondiging op hul Facebook-blad gemaak en opgewondenheid heers oor die groep se toer wat Sondag afskop.

Indien jy ‘n ondersteuner van die groep se musiek is wat die volgende insluit, I Want to Know What Love Is, Waiting for a Girl Like You, Urgent, Juke Box Hero en vele ander treffers, moet jy seker maak dat daar ‘n kaartjie in jou besit is. Volgens die blad is daar minder as 100 kaartjies oor.

Konserte vind in Pretoria by Time Square en Grandwest in Kaapstad plaas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel