AfriForum se verlof tot appèlaansoek teen Kill The Boer-haatspraaksaak toegestaan

Deel hierdie storie / Share this story

Die Gelykheidshof het Dinsdag verlof tot appèl toegestaan in die burgerregteorganisasie AfriForum se Kill the Boer-haatspraaksaak teen die EFF, Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi.

Hierdie aansoek kom nadat die Gelykheidshof in Augustus verklaar het dat die dreunsang Kill the boer nie haatspraak is nie.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê dat hierdie saak van groot belang is, aangesien ’n boodskap hard en duidelik gestuur moet word dat ’n dreunsang wat geweld aanhits onaanvaarbaar is en gevolge sal dra.

“Dinsdag se beslissing is slegs ’n enkele tree vorentoe in AfriForum se groot stryd teen geweld aanhitsing teen boere en minderheidsgroepe. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker ons verslaan hierdie gevaarlike, haatlike gedrag,” sluit Van Zyl af.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel