Voormalige polisiebeampte skiet 34 by dagsorg

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste 34 mense is dood in ‘n massaskietery by ‘n dagsorg in Thailand.

Die slagoffers sluit 22 kinders, sommige so jonk as twee jaar oud, in. Die verdagte is ‘n voormalige polisiebeampte en dit word beweer hy het homself, sy vrou en kind doodgemaak.

Omtrent ‘n dosyn mense is in die skietery beseer.

Die verdagte is by die polisie afgedank verlede jaar toe hy ‘n dwelmtoets dop en sou môre in die hof vir sy verhoor verskyn.

Bronne: Sky News, BBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kleinneef van Romay van Rooyen laat vaar borgaansoek