Paar vermoor en vir krokodille gegooi dae na onderhoud met BBC

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Britse paar wat in Suid-Afrika was om seldsame sade te versamel, is vermoor en hulle liggame is vir krokodille gegooi enkele dae na ‘n onderhoud op BBC se Gardener’s World in 2018.

Plantkundiges Rod Saunders en sy vrou Rachel was in die Drakensberge op soek na seldsame sade om op hulle aanlyn besigheid te verkoop.

Die paar is doodgeslaan met stomp voorwerpe, in hulle slaapsakke gestop en in ‘n rivier vol krokodille gegooi. Hulle onherkenbare liggame is dae later deur vissermanne ontdek.

Drie mense is aangekla van die ontvoering, roof en moord op die paar. Hulle word tans in die Durbanse hooggeregshof verhoor.

Al drie hou vol hulle is onskuldig.

Bronne: Lad Bible, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte