Vermiste vrou gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Stefanie Pieterse (32), die ma van drie wat op 30 September vermis geraak het, is gevind.

Volgens ‘n inskrywing op FiND iT se vorige berig oor Stefanie wat vermis is, het Carinaouma Kuhn kommentaar gelewer dat Stefanie nie vermis was nie, maar na bewering “weggeloop” het saam met haar skelmpie.

Neels Pieterse, Stefanie se man, het die bewerings aan FiND iT ontken.

Volgens Neels is Kuhn die “skelmpie” se suster.

By navrae wou Neels nie meer uitbrei oor waar sy vrou gevind is nie, hy het net gesê “hy is moeg vir al die stories.”

Stefanie is die dag van haar verdwyning die laaste keer deur haar kollegas gesien waar sy by die Zandfontein-begraafplaas in Pretoria ingery het.

Stefanie se werkplek is glo oorkant die begraafplaas.

Niemand het haar weer daarna gesien nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel