Die polisie op Zamdela, Sasolburg, doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om ‘n moord wat op 2 Oktober plaasgevind het, op te los.
Sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor die liggaam van ‘n onbekende man wat langs ‘n huis in Walter Sisulu gevind is.
Nooddienste is na die toneel ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.
Hy het wonde aan sy bolyf gehad.
Die oorledene het ‘n grys broek ‘n swart T-hemp aangehad. Grys skoene is langs sy liggaam gevind.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 078 576 2309 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



