Spuitgoed veroorsaak moontlik ontploffing in openbare toilet

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het Woensdag gesê ‘n ontploffing in ‘n openbare toilet in die Oos-Duitse stad Halle, is moontlik veroorsaak deur die teenwoordigheid van spuitbottels deodorant.

Nadat die polisie verskeie bottels deodorantsproei op die toneel gevind het, het ‘n woordvoerder gesê: “Daar is ‘n vermoede dat dit met die voorval verband hou.”

Drie mense, twee meisies van 12 en 13 en ‘n vrou van 51, is ernstig in die ontploffing beseer.

Die polisie die voorval as “‘n tragiese ongeluk” beskryf.

Bronne: DW – South Africa, E News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iranse hommeltuigaanvalle dood glo 13 in Irakse Koerdistan