‘n Tienermeisie van Motherwell in die Oos-Kaap is verlede Woensdag onder vreemde omstandighede oorlede na sy op 17 September reeds vermis geraak het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Zenizole Vena (15) het op 17 September haar ouerhuis verlaat toe sy op pad was na ‘n skoolgeleentheid. Sy het nooit huis toe teruggekeer nie en is ook nie as vermis aangemeld nie.
‘n Vrou (58) het Woensdag 21 September omstreeks 06:40 die oggend op Vena in die straat afgekom. Sy het volgens kol. Naidu siek voorgekom en was in trane.
“Sy is na bewering deur twee mans wat aan haar bekend was, verkrag.”
Die vrou het Vena na ‘n nabygeleë kliniek geneem, waar sy na die polisie verwys is.
“Die tiener het gehuil en opgegooi, dit het gelyk asof sy ‘n epileptiese aanval kry.”
Sy is dood voor die ambulans se aankoms op die toneel.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



