Liggaam van bekende bergklimmer in Himalajas gevind

Deel hierdie storie / Share this story

’n Soekspan in Nepal het die liggaam van die bekende Amerikaanse ski-bergklimmer, Hilaree Nelson, naby die kruin van Mount Manaslu in die Himalajas gevind.

Nelson (49) het saam met haar lewensmaat van die berg begin afbeweeg toe sy Maandag vermis geraak het.

Reddingswerkers het haar liggaam Woensdag op die suidekant van die 8 163 m (26 781 voet) berg gevind. Vroeër berigte het gesê sy het in ‘n skeur in ‘n gletser geval.

Volgens getuies het sy na bewering in ‘n diep skeur in die ys geval, slegs 15 minute nadat sy die kruin van Manaslu bereik het.

‘n Plaaslike gids wat saam met die egpaar gewerk het, het aan die tydskrif Outside gesê ander klimmers wat saam met hulle was, het berig “haar ski-lem het afgegly en [sy] het van die ander kant van die berg afgeval”.

Bronne: BBC, NBC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man van Mitchells Plain sterf na hy drie tieners red