Volgens mediaberigte is ‘n Iranse vrou wat haar hidjab in ‘n video afgehaal het om haar hare vas te maak, doodgeskiet.
Hadis Najafi is glo Sondag doodgeskiet. Ten minste ses koeëls is uit haar buik, nek, hart en hand gehaal.
Hadis Najafi het ‘n video gemaak waarin sy haar hidjab afhaal en haar hare vasmaak as ‘n protes teen die hidjab-reëls wat nog ‘n jong vrou se lewe gekos het.
Omtrent 76 mense is dood volgense menseregtegroepe in optogte ná die dood van Mahsa Amini.
Bronne: Republic World, India.com
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Dodetal in Iran-optogte styg glo tot 76



