“Vat tyd om partykeer pret te hê. Tye is rof. Dié Crocs is my nuwe skoene!! Totsiens Clarks,” het afgetrede minister Tito Mboweni vyf dae geledeop Twitter gefilosofeer.
Hy het op 25 September gevra waarom tweeps nie iets oor sy nuwe, gemaklike skoene sê nie.
Kommentaar wat gevolg het, het verskil van: solank jy gemaklik is; na skoon en miskien gemaklik, maar steeds aaklig; ons gee nie om nie; nie goedkoop nie, ook nie mooi nie; haat dit; en vele ander kommentaar oor sy gemaklike skoene.
Die kommentaar van @Lungile_Stixxo is egter om oor die mode-of-gemak bewustheid te wonder: ” Jy het Saterdag ‘n pak saam met daai Crocs aangehad. Ons herstel nog van die skok.”
Die minister lyk egter heel trots en gemaklik tot die byvoeging van Crocs tot sy klerekas. Maak nie saak in watter hoedanigheid nie, dit werk vir hom.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



