Volgens ‘n menseregtegroep het meer as 75 mense reeds omgekom in die optogte ná die dood van Mahsa Amini in polisieaanhouding.
Die amptelike dodetal wat deur die Iranse regering vrygestel is, bly egter op 41 mense.
Beamptes het Maandag glo meer as 1 200 mense gearresteer tydens die optogte wat al sedert 16 September, die dag waarop Mahsa Amini dood is, voortduur. Sy is dood na drie dae in ‘n koma na sy gearresteer is oor sy nie haar hijab reg aangehad het nie.
Omtrent 20 joernaliste was onder diegene wat gearresteer is vandat die optogte begin het. Verskeie aktiviste en prokureurs is ook gearresteer.
Die ware getalle is onbekend, aangesien daar verskeie internetonderbrekings voorkom en apps soos WhatsApp en Instagram geblokkeer is.
Bronne: EWN, First Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



