‘n Volwasse man het ernstige beserings in sy gesig opgedoen na ‘n bandsaag gebreek het en oor sy oë in sy kopbeen in gesny het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die voorval het in ‘n werkswinkel op Pinetown plaasgevind.
“Verslae dui daarop dat ‘n werknemer by ‘n werkswinkel ernstige beserings in sy gesig opgedoen het na die bandsaag wat hy gebruik het, gebreek het.”
Die man is op die toneel deur paramedici behandel voor hy na ‘n gespesialiseerde fasiliteit vir behandeling geneem is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



