Dissiplinêre verhoor wag vir verpleegster wat JK Rowling ondersteun

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Kanadese verpleegster word deur ‘n dissiplinêre verhoor in die gesig gestaar wat kan veroorsaak dat sy haar werk verloor omdat sy met JK Rowling se siening, oor die skade wat geslagsidentiteit aan vroue en kinders berokken, saamstem.

Amy Hamm is die stigter van die Canadian Women’s Sex-Based Rights (caWsbar), ‘n onpartydige organisasie wat vir vroue opstaan en die biologiese realiteit erken dat daar net twee geslagte is: mans en vroue.

Hamm het in die openbaar gepraat en geskryf oor die skadelike impak van geslagsidentiteitsideologie. Sy het openlik haar teenkanting uitgespreek teen biologiese mans in vrouetronke en die druk om na verwagtende vroue as “swanger mense” in die media te verwys.

Hamm het ook steun uitgespreek vir Harry Potter-skrywer JK Rowling, wat soortgelyke kommer oor die impak van geslagsidentiteitsideologie op vroue uitgespreek het, via ‘n advertensiebord in 2020.

Hamm word deur verskeie verhore in die gesig gestaar feur die British Columbia College of Nurses and Midwives (BCCNM), wat haar sedert November 2020 ondersoek.

Die eerste verhoor was in Junie, met die tweede stel driedaagse verhore wat verlede Woensdag tot Vrydag gehou is. Die oorblywende verhore is geskeduleer vir 24-27 Oktober.

Sy word beskuldig daarvan dat sy diskrimineer teen transgender mense en dat sy neerhalende kommentaar oor transgender mense in die media gelewer het.

Bronne: The Christian Post, Daily Wire

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Voormalige leerling skiet 15 dood in Russiese skoolskietery