Polisielid aan diens skiet op publiek en toe homself

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 34-Jarige konstabel van Ashton-polisiestasie in die Wes-Kaap wat Vrydagoggend aan diens was, het in die polisiestasie op drie lede van die publiek geskiet.

‘n Man in sy dertigs het aan sy wonde beswyk, ‘n tweede is in die hospitaal opgeneem vir mediese behandeling, terwyl ‘n derde geen beserings opgedoen het nie.

Hierna het die lid die polisiestasie verlaat en na sy huis in Zolani, Ashton gery, waar sy liggaam later met ‘n skietwond gekry is.

‘n Kolonel wat die twee tonele besoek het, het op ‘n geslote polisiegroep op Facebook gesê die hartseer en skok op die stasiebevelvoerder en lede se gesigte het haar hulpeloos laat voel.

“Daar is geen woorde wat die situasie kan verbeter nie. Dit is wat dit is, ‘n hartseer saak.”

Kol. André Traut, provinsiale woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het die voorval bevestig en gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

“Die motief vir die insident moet nog vasgestel word.”

“Opod ondersoek die moord, poging tot moord en geregtelike doodsondersoek wat geopen is.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel