Ten minste 15 beseer toe taxi rol

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste 15 mense is Vrydagmiddag beseer toe ‘n taxi in Carletonville gerol het.

ER24 sê paramedici en nooddienste het omstreeks 13:00 Vrydagmiddag op die toneel aangekom waar ‘n taxi op sy sy gelê het.

Die passasiers het toe reeds uit die taxi geklim en het volgens ER24 reeds langs die pad gesit.

Paramedici het die pasiënte op die toneel ondersoek en vasgestel dat 15 mense, insluitend ‘n kind, beserings opgedoen het.

Niemand het ernstige beserings opgedoen nie en niemand is in die ongeluk oorlede nie.

Die pasiënte is op die toneel behandel en is na onderskeie hospitale geneem vir behandeling.

Die owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel