‘n Lid van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag is kritiek beseer nadat hy gister tydens ‘n oefensessie by Waterkloof-lugmagbasis uit ‘n helikopter val.
Op die video kan gesien word hoe vier troepe by die helikopter uitkom en die een dan onbeheersd na die grond tuimel.
Dit blyk volgens Pretoria FM asof die weermaglid kopbeserings opgedoen het.
Met die Africa Aeropsace and Defence 2022 (#AAD2022) lugskou wat op 24 en 25 September in Pretoria plaasvind, is daar verskeie departemente wat ter voorbereiding deelneem en oefen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



