Wladimir Poetin, Russiese president, het Woensdag ‘n mobilisasiebevel vir 300 000 dienspligtiges om in Oekraïne te gaan veg, uitgereik.
As gevolg van die oproepinstruksies het eenrigting vliegkaartjies uit Rusland in ‘n vlaag van paniek uitverkoop.
Protesaksies het in Moskou en ander stede uitgebreek met uitroepe van “No to war!” waarna owerhede meer as 1 000 persone gearresteer het.
Die polisie het gebiede afkordon en mans word nie toegelaat om afgesperde gebiede te verlaat nie.
Dimitry Medvedev, vorige Russiese president, het Donderdag gesê enige wapens in Moskou se arsenaal, wat strategiese kernwapens insluit, gebruik kan word om gebiede te verdedig.
CNA berig verkeer tussen die Rusland-Georgië-grens en Rusland-Finland-grens vermeerder het ná die afkondiging en ook as ‘n gevolg van die uitverkoop van vliegkaartjies.
Ministers van buitelande sake van die Europese Unie sal ontmoet om nuwe sanksies en wapenaflewerings aan Kijif te bespreek.
Kommer as gevolg van die mobilisering het oliepryse vanoggend laat val te midde van ‘n vrees vir resessie en ‘n sterker Amerkaanse dollar, alhoewel verliese beperk is.
Blazej Pobozy, adjunk-minister van Pole, het Donderdag gesê dat jodiumpille as ‘n beskermende maatreeël versprei word na berigte van gevegte naby die Aporizhzhia-kernaanleg in Oekraïne.
Bronne: Reuters en CNA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



