Vermiste vrou sit foon af oor ‘persoonlike redes’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou van Thabazimbi wat sedert verlede Vrydag 16 September as vermis aangemeld is, is weer veilig terug by die huis., volgens die Gautengse SAPD.

Sy het Woensdag 21 September teruggekeer.

Twanette Claassen het glo by haar suster in Potchefstroom gekuier, maar het toe nie weer huis toe gekeer soos verwag nie.

Haar familie het op sosiale media bevestig dat Claassen haar foon afgesit het oor persoonlike redes.

Hulle bedank almal se hulp, bystand, liefde, omgee en ondersteuning tydens Twanette se verdwyning.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel