‘n Vermiste seun van Soshanguve se liggaam het sedert einde Augustus in ‘n lykshuis gelê terwyl sy niksvermoedende familie na hom gesoek het. Die familie is ontsteld omdat hulle drie weke lank tevergeefs na hom gesoek het en toe moes hoor hy is intussen oorlede.
Die 16-jarige outistiese, gehoorgestremde seun, Ezra Mahlangu, is verlede maand as vermis aangemeld en die familie het sedertdien na hom gesoek.
Die familie het Woensdag sy liggaam in die lykshuis in Ga-Rankuwa Sone 5, waar hy sedert 29 Augustus is, gaan uitken.
Die familie wag nou vir meer inligting oor die oorsaak van sy dood, asook waar hy gevind is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



