Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone, perfek vir Braaidag!
BESTANDDELE VIR DIE STYWEPAP
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2½ koppies mieliemeel
METODE:
Giet water in ‘n kastrol, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die kastrol te vorm, maar moenie roer nie.
Verminder hitte, plaas deksel op kastrol en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.
VULSELBESTANDDELE
2 X 250 g spekvleis – fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas
METODE:
Voorbereiding en gaarmaak
Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 ˚C
Lekker eet!!
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



