‘n Besigheidseienaar in Mitchell’s Plain is in hegtenis geneem omdat hy na bewering alkohol aan minderjarige kinders verkoop het.
‘n Woordvoerder van wetstoepassing, Wayne Dyason, sê hulle het ‘n klag hieroor ontvang en opgevolg.
Volgens Dyason is daar op byna 800 bottels alkohol, wat meer as 500 liter uitmaak, beslag gelê.
Dyason sê dit het ook geblyk dat die man sy besigheid bedryf het sonder om aan die behoorlike lisensievereistes te voldoen.
Die man is aan die polisie oorhandig en sal van die handel in drank sonder ‘n lisensie aangekla word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



