Brandewyn-fudgesous vir oor wafels of pannekoek

Deel hierdie storie / Share this story

Kikker ‘n bietjie jou wafels of pannekoek op met hierdie maklike resep vir ‘n brandewyn-fudgesous.

Bestanddele:

750 ml suiker
750 ml water
15 ml botter
3 stukke pypkaneel 
knippie sout
vars nartjieskille 
60 ml mielieblom
of vlapoeier, opgelos in ’n klein bietjie water 
250 ml brandewyn
30 ml vanieljegeursel

Metode:

Meng suiker en water en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhoog hitte en kook tot net 500 ml oorbly. 
Voeg die botter, pypkaneel, sout en nartjieskille by en verwyder van hitte. Laat oornag trek. Giet deur ’n sif en verhit oor matige hitte.
Voeg mielieblom by en kook tot sous helder is.
Verwyder van hitte en roer brandewyn en vanieljegeursel by. 
Lewer 1 liter sous. 

Bron: Arina du Plessis
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel