Die familie van Twanette Claasen is rasend van bekommernis nadat sy op 15 September by haar suster in Potchefstroom gaan kuier het en nie weer teruggekeer het huis toe nie.
Sy is intussen as vermis aangemeld.
Haar seun, Dwayne, het aan Carletonville en Fochville Herald gesê sy ma het nog nie haar foon geantwoord nie.
Twanette is laas in Potch in ‘n wit Renault Triber gesien. Die motor se registrasienommer is KJV534NW.



