Twee dood in Umhlanga-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man en ‘n vrou is Sondagmiddag omstreeks 16:45 dood in ‘n botsing wat op die N2 plaasgevind het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê ‘n motor en ‘n SUV was in die botsing betrokke.

Die polisie, brandweer en ander nooddienste was op die toneel.

‘n Man en vrou wat in die motor was is op die toneel dood verklaar en twee mans wat in die SUV was, het ligte beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die omstandighede van die ongeluk word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel