‘n Busongeluk het Sondag die lewens van 27 mense in China geëis. Die bus was op pad om mense by ‘n Covid-19-kwarantynfasiliteit af te laai.
Die bus het op ‘n snelweg in Guizhou omgeslaan. Nog 20 mense is in die ongeluk beseer.
Verdere besonderhede van die ongeluk is nog nie bekendgemaak nie.
Bronne: BBC, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Pfizer se vervaldatum verleng



