Meer as 400 liggame in massagraf in Izium, Oekraïne, gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Dit blyk of hierdie die grootste massa-begraafplaas in Europa sedert die 1990’s se Balkan-oorloë kan wees.

Oekraïne sê meer as 400 liggame is in ‘n massagraf in Izium, in die Noord-Ooste van die land, ontdek.

Met opgrawings sover is siviele persone se liggame gevind, maar inligting dui daarop dat soldate ook daar begrawe kan wees, het die polisiehoof van Oekraïne Vrydag tydens ‘n perskonferensie gesê.

Hierdie is volgens Reuters bewyse van oorlogsmisdade wat gepleeg is in ‘n area waar Russiese soldate vir maande ontplooi is.

Oekraïne het die gebied teruggeneem, waarna Russiese soldate na bewering gevlug het en wapens en ammunisie agtergelaat het.

Opgrawings duur voort.

Rusland het nie dadelik kommentaar gelewer nie.

President Wolodimir Zelenski het die massagraf Woensdag besoek en sê Rusland laat oral dood agter en moet verantwoordelik gehou word.

Fotokrediet CNN

Bronne Reuters en CNN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel