Minstens tien mense dood in vloede in Italië

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk na die vloedvideo in die berig.

Ongeveer nege mense in Sentraal-Italië het gister hul lewens verloor in deurnag stortreën wat vloede veroorsaak het.

Die vloede het in Marche plaasgevind. Owerhede het gesê dat hul steeds na vermiste persone op soek is.

Ongeveer 400 ml reënval is binne twee tot drie ure aangeteken.

Die siviele beskermingsagentskap sê dit is ‘n derde van die reën wat gewoonlik in ‘n jaar val.

Paulo Pino d’Astore, ‘n ekspert by die Italinan Society of Environmental Geology (SIGEA) sê dat dit as gevolg van klimaatsverandering is. Sulke natuurverskynsels is nie altyd maklik om te voorspel nie.

Fotokrediet Al Jazeera
Fotokrediet CBC

Bronne: Reuters en The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel