Suidooster-kykers sal nou vroeër voor die kassie moet inskuif om dié Safta-bekroonde sepie te kyk.
kykNET se spitskyktyd-skedule sal vanaf 3 Oktober 2022 afskop met Suidooster om 18:00, gevolg deur die nuwe telenovelle Diepe Waters om 18:30.
Die gewilde sepie wat die eerste keer in 2015 op die kassie was met slegs drie episodes per week, is in 2018 uitgebou tot ’n 5-dag-sepie.



