Amarula-kaaskoek

Deel hierdie storie / Share this story

Jy sal nie spyt wees as jy dié resep vir heerlike Amarula-kaaskoek probeer nie!

Bestanddele:

KORS:
250 g gesmelte botter
1 pakkie Tennis-beskuitjies
VULSEL:
625 g roomkaas
225 g strooisuiker
22 g mielieblom
2 eiers
6 eiergele
1 t vanielje-ekstrak
200 ml Amarula-­likeur
BOLAAG: 
70 ml room
50 ml Amarula-likeur
240 g witsjokolade
vars aarbeie of maraschinokersies, kruisementblare en geklopte room vir versiering

SO MAAK MENS: 
Voorverhit die oond na 200 °C.
KORS: 
Gebruik ’n voedselverwerker om die Tennis-beskuitjies te verkrummel en voeg die gesmelte botter by. Meng goed. Druk die beskuitjiebeslag dan vas op die bodem en teen die kante van ’n tertpan.
Sit dit in die yskas om te verstewig. 
VULSEL:
Klits die roomkaas tot lig en donsig. Terwyl jy aanhou klits, voeg die suiker en dan die meel by. 
Voeg die vanielje-ekstrak, eier en Amarula-likeur by. 
Skep die mengsel op die kors en bak in die voorverhitte oond vir 5 minute. 
Verminder die hitte na 100 °C en bak vir ’n uur. Laat dit in die oond afkoel voor jy dit uithaal.
BOLAAG:
Bring die Amarula-likeur en room tot kookpunt, verlaag die hitte en voeg dan die wit sjokolade by. 
Meng saam tot ’n gladde mengsel en skep dit oor die koek. 
Versier met vars aarbeie of maraschinokersies, kruisementblare en styfgeklopte room.

Bron: Beeld / Die Burger 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK