Deon May (37) is Dinsdag in Kimberley in hegtenis geneem vir die beweerde sameswering om moord te pleeg.
Kapt. Tebogo Thebe, polisiewoordvoerder, sê die Valke het May in hegtenis geneem na ‘n ondersoek nadat ‘n vermeende bendeleier, George Barnet Peters, op Woensdag 31 Augustus in hegtenis geneem is.

Daar is beweringe dat May betrokke was by sameswering om ‘n ander bendelid te vermoor.
May het Woensdag in die hof in Kimberley verskyn. Die polisieondersoek duur voort.



