Gospelsanger Pulane Maphari verloor Sama na reël glo gebreek is

Deel hierdie storie / Share this story

Die gospelsanger, Pulane Maphari, het haar SA Music Award (Sama) verloor omdat sy glo die reëls verbreek het sodat sy kan wen.

‘n Verklaring wat uitgereik is deur die Sama-organiseerders verduidelik dat Maphari glo ‘n ou album van 2020 hernoem het en die verpakking verander het sodat sy dit as ‘n nuwe album kon voorsit om te wen.

Maphari het haar toekenning verloor en mag ook nie weer inskryf vir die Samas nie. Die ondersoek is nog aan die gang.

Bronne: IOL, News24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Google verloor appèl oor EU anti-vertroue Android-boete