Die hertog en hertogin van York is nou na haar dood die nuwe eienaars van koningin Elizabeth se geliefde corgi’s.
Koningin Elizabeth is Donderdag in die ouderdom van 96 in die Balmoral-kasteel oorlede.
‘n Woordvoerder vir prins Andrew sê hy en Sarah Ferguson sal die hondjies, Muick en Sandy, aanneem. Beide hondjies was ‘n geskenk van die prins aan koningin Elizabeth.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.




