Meer as 1 500 verdagtes dié naweek in Gauteng gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het dié naweek ‘n totaal van meer as 1 500 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem.

Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê ongeveer 480 verdagtes is in die Tshwane-distrik vasgetrek toe tien drankwinkels vir oortreding van die drankwet toegemaak is. Verskeie voertuie met enjinnommers waaraan gepeuter is en onwettige vuurwapens is gekonfiskeer.

In die Ekurhuleni-distrik is meer as 460 verdagtes vas vir onder andere die besit van gesteelde goedere, die besit en handel in dwelms, moord, verkragting en ook die besit van onwettige vuurwapens.

170 verdagtes is in die Wesrand-distrik vasgetrek.

In die Johannesburg-distrik is 450 verdagtes in hegtenis geneem.

Sommige van die verdagtes is vrygelaat na hulle boetes betaal het en ander sal in die onderskeie landdroshowe in Gauteng verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.