Twee graad 8-leerlinge aan die Sekondêre Skool Ponelopele Oracle in Kaalfontein, Midrand, is glo verlede week seksueel deur ‘n ouer seunsleerling by die skool geteister.
Die Gautengse departement van onderwys sê in ‘n verklaring die voorvalle het na bewering Dinsdag en Woensdag plaasgevind. Die voorvalle is egter Donderdag eers aan die skoolhoof gerapporteer.
Die skool het volgens die departement die ouers van al drie leerlinge na die skool ingeroep. Nie een van die leerlinge se ouers was bewus van die beweringe nie.
Nog ‘n ouer van ‘n graad 8-meisie het Vrydag by die skool aangemeld dat haar dogter deur twee graad 10-seuns en ‘n graad 11-seun seksueel geteister is.
Die departement sê die polisie ondersoek die voorvalle.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.




