Caltex verander in Astron Energy oor volgende vier jaar

Deel hierdie storie / Share this story

Oor die volgende vier jaar kan Suid-Afrikaners verwag om minder Caltex-vulstasies te sien noudat die naam amptelik na Astron Energy verander is.

Astron Energy het Donderdag met hulle eerste nuwe-naam Caltex-vulstasie in Kaapstad gespog.

Astron Energy vervaardig en verkoop Caltex-handelsmerk smeermiddels onder die lisensie van Chevron.

Hulle het verlede jaar aangekondig alle Caltex-diensstasies gaan hernoem word na Astron Energy-diensstasies.

Die projek gaan omtrent vier jaar neem om 850 Caltex-diensstasies regoor die land en in Botswana te verander.

Bronne: IOL, OG Links News

Lees ook: Vyf lewenslange vonnisse vir man wat vyf vermoor