Vyf lewenslange vonnisse vir man wat vyf vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte, wat voorheen al in die tronk was, het Donderdag vyf lewenslange tronkstrafvonnisse gekry na hy in 2018 vyf mense in ‘n taverne vermoor het.

Thulani Nhlumayo is ook gevonnis vir ander aanklagtes, insluitend roof en poging tot moord. Die vonnisse gaan aaneenloopend wees en die hof het beslis hy mag eers na 25 jaar vir parool aansoek doen.

Die moorde het plaasgevind skaars drie jaar na Nhlumayo vrygelaat is uit die tronk vir ‘n politiese moord waarvoor hy ook aanvanklik lewenslank tronk toe gestuur is.

Bronne: IOL, Herald Live

Lees ook: Kaapstadse besigheidsman op straat doodgeskiet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel